Batswana

Dis die term vir meer as een burger van die land Botswana.

Dit is ‘n freaking woord okay. ‘n Engelse een.  Dis in die Oxford English Dictionary. Prominente politieke analiste soos Ian Taylor en Kenneth Good (wat spesifiek oor Botswana skryf) gebruik dit in hulle akademiese skryfwerk.

Hmf.

Jy moet maar verskoon as ek bietjie kwaai is vandag. Ek het die afgelope 2 aande 4 ure altesaam geslaap. Ek het nie eens te veel hooi op my vurk gehad nie. Daar was net freaking baie verbeteringe om aan my hoofstuk 1 konsep te maak, en ek wou regtig teen vandag (1 November) ingee. Hy het immers geskryf “voor die einde van Oktober” en “geen verskonings hierdie keer nie”.

Hy het my voor die tyd gewaarsku dat hoofstuk een die ergste is en dat ek dalk sal wil tou opgooi in hoofstuk een. Maar dat ek net moet deurdruk, want dit raak makliker daarna.

Ek het nogtans nie gedink ek sal, met min ander goed op my agenda, nogsteeds geforseer word om ‘n naweek SO deur te bring nie. En teen 9h Maandagoggend die sekretaresse te bel en as sy hoor ek’s nog nie eintlik 100% tevrede met die konsep wat ek nou maar wil ingee nie, dan sê sy nee wat, sy dink ek moet eerder nog bietjie werk daaraan. Eerder ‘n deadline mis en ‘n goeie stuk werk ingee.

Nog werk? NOG WERK voor ek kan gaan slaap?… Nee hel. Ek is dan nog bang ek misinterpreteer ‘n paar van sy comments ook. Laat hy maar hierdie lelike stuk werk nasien, dalk was ek in elk geval besig om op tangents af te gaan, dan stop hy my darem in my spore. Die gedagte dat enige van die werk wat ek die afgelope twee dae gedoen het, onnodig was, is onuithoudbaar.

Advertisements

4 responses to “Batswana

  1. Toemaar wat: ‘n mens is nooit rerig tevrede met ‘n stuk werk wat jy ingee nie.

  2. Ja… daarteenoor kan ‘n mens rerig tevrede wees met ‘n bed.

  3. Geniet daai bed!!

  4. Geluk met jou werkstuk….. as jy moeite moet doen vir iets, is dit gewoonlik die moeite werd….. l e k k e r s l a a p !!!! Ek gun dit vir jou!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s