Roxy

Roxy is die afgelope paar dae ekstra vocal. Sy miaau heeltyd vir my. Ek kan nie help om te wonder of sy iets agtergekom het nie.

Volgende jaar trek ek Huis De Villiers toe en my kamer is op die eerste verdieping. Ek sou nog ‘n plan kon maak as dit op grondvloer was – ‘n trappie bou teenaan my venster of iets – maar ek kan haar nie aanhou op die eerste verdieping nie. Hierdie straatkat is net te lief vir haar vryheid; vir die duiwe en hadidas en bye en vlieë en skoenlappers en akkedisse en scruffy tuinmakende Cara om binne te kan regkom.

So ek is besig om met ‘n vriendin se reël om vir Roxy aan te neem. Dit het nie eintlik ingesink nie… tot vanaand tot sy, nogal ongewoon, my terug-miaau teen die trappe af na die sitkamer toe. En toe sy my probeer pounce in die donker sitkamer op pad kamer toe. En toe sy met mening haar gunsteling speletjie – bekruip-jaag-rolrondom-byt-en-gooi-die-potlood – begin toe ons in die kamer inkom.

Roxycat, ek’s ontsaglik dankbaar jy’s eendag in 2008 iewers in ‘n geut gebore en dat jy jou gekom vestig het in Banhoekweg. Ek’s selfs ‘n bietjie bly die ouens het jou daar gelos toe hulle die huis verlaat het sodat ek jou, brandmaer, daar kon aantref in Januarie 2009 en jou liefde kon wen deur jou die eerste behoorlike ete in weke te voer. Die beseerde duif op my mat was ‘n teken: dis ware liefde. (En Nicole kon nogal die duif rehabiliteer en vrylaat ook. Nice one, Roxy!)

Jy was ‘n reuse stuk troos toe ek deur die moeilikste hartseer van my lewe tot dusver gegaan het. Jy het my iets gegee om te nurture, en dit was asof ek deur jou myself ook nurture. Jy het my geleer pragmaties wees met ‘n vreemde ou huis en ‘n dooie ou tuin. Jy het my geleer om die stowwerige grond en die Stellenbosse somerson te geniet en die hoekies van ou huise te verken vir gemaklike gaatjies en opwindende muurtjies. In die reënerige hartseer winter het ons voor die kaggel aan die slaap geraak, met my half ongemaklik opgekrul op die bank maar ek durf nie roer nie want jy slaap so lekker digby my. Ek het Frans met jou gepraat. Ek het vir jou ‘n liedjie geskryf en nou weet almal van jou. Jy’s famous.

Hierdie jaar het jy sonder skroom die nuwe huis aanvaar en jy het parmantig hadidas begin bekruip al is jy die helfte van hulle size. Jy het my gevolg tot op die drumpel van die kombuis en dan skaam-skaam daar rondgehang totdat ek weer teruggekom het kamer toe. Soms was jy so ooropgewonde jy’t sommer jou eie stert gejaag. Dikwels het jy voor my uitgetrippel net om plat op die mat te kan val en om te rol sodat ek jou maag kan krap.

Die einde van die jaar het te gou gekom. Ek het te min met jou gespeel. Ek het nooit vir jou ‘n sagte mandjie gekry nie en ek weet jy sou een so geniet het. Ek moes vir jou NOG lekkerder katkos gekoop het. Ek het nooit uitgefigure waar mens catnip kry nie. Jou halsbandjie het weggeraak en ek het dit nooit vervang nie.

Ek gaan vir jou kom kuier en dan moet jy maar nie te hard met daardie merkwaardige grasgroen oë na my kyk nie. Ek dink nie my hart sal dit kan hou nie.

All the world’s a stage to Roxy, turn around and stare at roxy

Roxy’s looking foxy, Roxy’s wearing her fur coat

Nothing but that sexy smile, she owns the street, she’s wearing her fur coat

Every day’s a photo shoot, she’s batting lashes, she’s so good

and Roxy’s eyes will melt you, Roxy’s stare will make you weak

She licks her lips, she holds your gaze, she knows just how her stare can make you weak

Roxy, can I take you home tonight?

Roxy, stay with me every night, I need you

Roxy, don’t you ever stray away

And every street’s a catwalk Roxy, you’re so hard to talk to Roxy

You don’t seem to hear me even when I stop and shout

Strutting like a model with that coat you wear girl, oh you wear me out

Cause I just want to make you stay, feed you cream and cabernet

Go out and get you Sushi on a Sunday

You’re the cruellest girl I’ve met, you make me beg, you make me sweat

And you never give me time of day

Oh Roxy, can I take you home tonight

And Roxy, stay with me every night, I need you

Roxy, don’t you ever stray away

Advertisements

4 responses to “Roxy

  1. Ai, ek deel jou hartseer. ‘n Kat versag nogal die lewe se harde kante. Dalk kan jy Roxy nog gaan besoek? Iets wat ook al tot my gepraat het op ‘n misrabele dag toe ek in my badkamer gekom het was ‘n potplant wat die mooiste blom uitgestoot het. Toe het ek opnuut besef die lewe is so mooi en dat Iemand in beheer is. Groetnis.

  2. Ja, ek dink jy het my plant-obsessie gemis maar hy leef lustig voort.
    Dankie vir die saam-voel! Ja, ek sal haar verseker gaan besoek.

  3. Terug pieng: Vir almal in Blogland « Kouevuur

  4. Katte is wonderlike goed. Roxy sal die pad af vind na die vorrdeur, waas verseker daarvan! Duxs kan jy haar maar hou, of ten minste nou en dan gaan haal vir ‘n naweek. En hopelik, as jy klaar geswot het, en erens gaan woon en werk, kan Roxy weer by jou kom bly…. Katte is lief vir hulle eienaars en trek graag saam……

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s