Hoofstuk 3 en Batswana

Dis Januarie en dinge lyk goed met die tesis. Hoofstukke 1 en 2 is voorlopig goedgekeur – vir hersiening wanneer ons klaar is met hoofstukke 3 -6. Hoofstuk 3 se eerste konsep (=draft, ek het dit nie geweet nie!) is by Prof B.

Hoofstuk 3 gaan oor Botswana. Dit kyk na die invloed van Vigs op hulle…

  1. Regeerstelsel (verhouding tussen die uitvoerende en wetgewende gesag, en tot ‘n mindere mate die regsprekende gesag);
  2. hulle verkiesingstelsel;
  3. hulle politieke regte en burgerlike vryhede;
  4. burgerlike samelewing;
  5. ekonomie; en
  6. menslike ontwikkeling.

Dit is ‘n baie onvolledige konsep. Baie minder volledig as enige ander poging wat ek al ooit gedurf ingee het. Maar ek het regtig so hard gewerk soos ek kon – ‘n maand is eenvoudig baie min om hierdie hoofstuk in te probeer tackle! En boonop was die Januarie. My ouerhuis is gemaak vir ontspanning, en Stellenbosch in Januarie draai verseker nie rondom akademie nie.

Ek hoop nie Prof B is verbaas dat dit so onvolledig is nie. Ek hoop hy verstaan. Hy het mos voorspel ons sal ‘n “speed wobble” vang met die hoofstuk ook Botswana, aangesien ek nog glad nie baie vertroud was met die literatuur nie. Maar ek hoop ook hy stel vir my ‘n sinvolle nuwe deadline, en gee vir my ‘n bietjie rigting waar ek dit plek-plek dalk kwytgeraak het.

In vroeg-Maart gaan ek hopelik self Botswana toe! Om hulle biblioteek te gebruik, met ‘n paar akademici aan die Universiteit Botswana te ontmoet, en net want ek dink dit sal uitstekende ervaring wees vir ‘n jong politieke navorser. Ek kan regtig nie wag nie. Hopelik het ek dan al ‘n goeie konsep van Hoofstuk 3 in die hand en kan alles wat ek daar vind, net bydra tot die kwaliteit van die  hoofstuk.

Ek doen ook moeite om met mense te praat oor Botswana – onder andere Dr Nicola de Jager, wat haar dissertasie geskryf het oor die invloed van eenparty-dominante demokrasie op opposisiepartye; en Kim Williams, wat actually die heel eerste boorling van Botswana was om te se Prof B is 100% reg, sy dink Batswana is ‘n eksklusiewe term (en sy verkies Motswana; Motswanan; Motswanas). In sulke gesprekke kom ek agter, dude, ek het baie van hierdie land gelees en geleer in ‘n maand. En in ‘n poging om ‘n hoofstuk te skryf, kom ek agter, dude, ek het nog bitter ver om te gaan voor September.

Advertisements

2 responses to “Hoofstuk 3 en Batswana

  1. Sterkte! Ek WEET sommer jy sal dit doen!! Is dit jou M, of Dr?

  2. Sterkte niggie. Ek reken net Botswana kan dalk teen Maart nog half warm wees. Maar jy sal maar moet deurbyt; jou tyd is kosbaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s