‘n Meesterstudent in Botswana

Botswana! Dit het uitgewerk. Ek is hier. Daar’s heelwat loose ends. Geld, byvoorbeeld… ek mag dalk nog ‘n volle reisbeurs kry hiervoor, of ek mag dit dalk alles uit my spaargeld finansier. En hoe ek vanaf die bushalte tot by die lugawe gaan kom wanneer ek in Johannesburg arriveer.

Die belangrikste kwessie wat nog in die weegskaal is, is of ek hoegenaamd iets gaan regkry hier. Hulle sê die belangrikste vraag op mans se hart is: “Have I got what it takes?” en vroue wonder: “Do you think I’m beautiful?” Ek moet erken, hierdie keer gaan ek teen die norm. Ek hoop verwoed dat ek het wat dit vat om ‘n sukses te maak van hierdie studie… van hierdie loopbaan. En o my liewe land: ek hoop van harte al hierdie voor-op-die-wa mans dink ek is skreeulelik. Hulle sal hulle wat verbeel!

Dit is nou Sondagaand. Ek het Vrydag gebruik om my te oriënteer op die “sprawling”, stowwerige maar goed toegeruste universiteitskampus. Ek het agtergekom ek kan in die biblioteek inkom, ten spyte van wat die ou by die internasionale kantoor vir my gesê het (dank Vader). Ek moet net om een of ander rede my hele rugsak minus laptop aan die sekuriteit oorhandig voor ek mag ingaan.

Ek het ook met twee fakulteitsektretarisse gaan ontmoet om die kontakbesonderhede van die relevante akademici te kry. Dit is regtig lekker om deur ‘n gang te stap en al die prominente name wat ek vir my Botswana-hoofstuk gebruik het, op die deure te sien pronk.

Hierdie standbeeld staan voor een van die hoofgeboue op die kampus. Dit is, klaarblyklik, ‘n ma wat haar seun opvoed met behulp van ‘n laptop. Ek kry oral die indruk dat Batswana hulle toekoms net soveel soos hulle erfenis vier. Hier is soveel potensiaal.

As besoeker, omdat ek geensins geregistreer is vir my tydjie op die kampus nie, het ek nie internettoegang nie. So nadat ek die nodige e-posadresse versamel het, het ek die kampuskaart uitgefigure en gestap na die hek waar, so het hulpvaardige studente en personeel my verseker, ek ‘n lodge sou aantref met ‘n internetkafee.

Die lodge is meer ‘n huis met ‘n bordjie op die hek. Die internetkafee is ‘n container wat op die werf staan langs die huis… maar daar is lugversorger in die container; die internet werk; en daar is twee assistente wat my help as ek hulle nodighet en die res van die tyd in Setswana gesels of op hulle arms lê en slaap. Ek het drie ure in daai koel containertjie deurgebring, en toe, met my rooi sambreeltjie, die 3 of wat kilometer na die naaste mall toe gestap vir ‘n memory stick en ‘n Britse adaptor en koffie.

Die hoofindruk van my eerste dag was dat ek op my eie is. Ek sal my eie vervoer moet uitfigure. Ek sal myself aan al die professors moet verduidelik in e-posse… op ‘n manier wat hulle interesseer en motiveer om my te sien. Ek sal self met die verbysterde kafeteria-personeel moet negotiate oor filterkoffie (fail). Ek sal die voor-op-die-wa mans (liewe land! ek het nog nooit so iets beleef nie) self baie behoorlik moet bat.

Ek sal teen my eie pas moet werk en sightsee. Ek sal my eie mikpunte moet stel. Ek sal self van hierdie reis ‘n sukses moet maak.

Ek het diep ingeasem elke keer as ek “send” moet druk. Teen Saterdag het twee van die belangrikste professors gelaat weet hulle sal my sien.

Advertisements

One response to “‘n Meesterstudent in Botswana

  1. Hallo daar. Jy is baie diplomaties en vol protokol wat natuurlik reg is; maar jy sal soms moet varkerig raak en sommer by ‘n professor se deur instap. Probeer asb om nie verlief te raak nie. (Toemaar ek trek net jou been.) Geniet jou tyd daar.
    Blertus.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s