Craighall

Die Gautrein is amper te gou by ons bestemming. Dit was so ‘n gladde, snelle rit, ek het gevoel of ek in een of ander warm, elite europse land is. Elke liewe passasier het ‘n Blackberry.

My niggie Ilsje woon agter ‘n valhefboom in ‘n boomryke Johannesburgse voorstad. Daar hang ‘n kristalkandelaar in die oopplan voorportaal. ‘n Groot ywerige Great Dane, Roxy, groet my met ‘n slobberlose grys snoet. Alles is skoon en stylvol. Christiaan Melt van der Spuy is ‘n vrolike, gesonde kindjie wat maklik glimlag as mens hom ‘n bietjie aandag gee. Gladys noem hom “pumpkin”. Sy vertel van haar eie kinders in Mafikeng. Ek vertel ek’s op pad Botswana toe. Daar is baie liefde in hierdie koel, oop huis. Ons eet hot cross buns in die sitkamer.

Daar is ‘n klem op teksture: die gladde leerbank het kussings met wol- en geweefde tou-oortreksels. Ek dink aan Dorette. Sy sou gelukkig wees hie-… nee, dékor of nie, sy sou geensins hier gelukkig wees nie. Maar Ilsje is, en ek, vir ‘n oggend, ook. Baie :)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s