China Jiangsu International

Dis halfses op ‘n warm Maandagmiddag in Gaborone. Ek sit saam met drie genadiglik maer mense op die agtersitplek van ‘n kombi op pad na Mogoditshane en speel met die drie Pula fooi in my hand.

Die kombi stop en ‘n man in rooi overalls klim in. Agterop die overalls staan: CHINA JIANGSU INTERNATIONAL. Hy kyk rond en kry sy sitplek.

Dan registreer hy wat hy gesien het en draai hy om na my te kyk. Ja, ek is wit, oom, dink ek, en kan nie help om ‘n bietjie te glimlag vir sy verbasing nie.

Dumela, groet hy.

Dumela, Ra, groet ek terug.

Hy is klaarblyklik tevrede. Ek voel of ek ‘n groot toets geslaag het. Hy kyk weer vorentoe. Ons ry in stilte verder.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s