Sweef!

Vandag sweef hierdie M-student!

Die dag na my verjaarsdag het ek my eerste konsep van hoofstuk 4 (Suid-Afrika) ingehandig en ek het geweet dis maar bietjie touch and go. Ek het al heelwat beter geweet hoe om die hoofstuk aan te pak omdat hierdie hoofstuk presies dieselfde formaat moes aanneem as die voltooide hoofstuk oor Botswana, maar hierdie keer moes ek deur die moerasse van navorsing oor Suid-Afrika swem. Dit was oorweldigend. En ek  moes dit in twee weke doen, in teenstelling met die vier weke wat ek aan hoofstuk 3 (Botswana) bestee het. (Vier weke ten spyt was daardie eerste Botswana konsep vol gate en prof B was uitdruklik ontevrede. )

Maar wonder bo wonder was die kommentaar oor daardie konsep: “This is an excellent draft!”

Dit was verreweg die beste kommentaar ooit. Ek was in die wolke. En toe swot ek vir my ekonomietoets, vier Ryan se verjaardag, ontvang ‘n spul Amerikaners, woon ‘n menseregenaweek by en doen afskeep-afskeep die nodige verbeteringe aan die hoofstuk. En raak al hoe meer bewus van die tekortkominge van die hoofstuk… Dit weerspieël nie behoorlik Botswana nie, byvoorbeeld. En ek gebruik net twee bronne om die gesondheidstelsel te bespreek. En ek het nie ‘n clue wat Jacob Zuma se Vigs-benadering is nie. En wat presies was die deal met Barbara Hogan? En so aan. En ek dateer maar op waar ek kan; wysig en vul aan.

Gister het ek ingegee: my hoofstuk 4 (Suid-Afrika) asook my opgedateerde hoofstuk 3 (Botswana, met verryking/veranderinge na aanleiding van my besoek aan die land). Asook my gekonsolideerde bibliografie van al my hoofstukke tot op hede.

Ek dink nie ek het nodig om vir jou veel meer te vertel nie. Onthou maar net die vassit aan die begin. Die frustrasie en teleurstelling wat prof B duidelik met my beleef het. Die feitlik vyf maande wat ek aan die Research Proposal bestee het.

Hier is sy terugvoer.

Beste Cara

13th Comments

  1. Die nuwe Hfs 3 is goedgekeur (18.4.2011). Goed!
  2. Die nuwe konsep van Hfs 4 is ook goedgekeur (18/4/2011). Cosatu is Congress nie Council nie (p 8) en by par (a) op p 15 moet “and” uit.
  3. Die bibliografie is indrukwekkend.
  4. Skryf solank aan Hfs 5. Dis ’n baie belangrike hoofstuk. Kan ek 1e konsep teen middel Mei sien asb? Onthou dit sluit ’n Assessment in. Mik vir 16-18 bladsye (maks 6000 woorde).
  5. Dié tesis gaan goed wees. Die harde werk sal beloon word (hoop net die eksaminatore dink ook so!)

Groetnis

Prof WJ Breytenbach

19/4/2011

NB: Aan  die einde van alles sal ek ’n finale proeflees maak. Dit lyk egter reeds baie goed.

Ek sweef.

Advertisements

2 responses to “Sweef!

  1. Well done – dit is werklik uitstekend! Dit klink asof jou navorsing heel goed op dreef is, as jy sulke terugvoer ontvang :-)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s