Updates

Dit is moeilik om oor alles te skryf wat aangaan.

Ek het die trein geneem na Kaapstad toe. Voor jy sidder, oorweeg dat ek eersteklas kan ry teen R25 retoer. Hoeveel bestee jy aan petrol, en wat sou jy doen met twee uur wat jy maar net hoef te sit en te wag? En dat ‘n mens kan seker maak jy sit naby aan heelwat ander mense en ‘n sekuriteitswag.

Ek lei ‘n connect group (kleingroep/selgroep) en daar het actually twee mense opgedaag vir laasweek se sel en weer twee mense hierdie week. Dit is ‘n eerste vanjaar. Ek bid kliphard en ek leer baie.

My vriende werk almal kliphard en ek sukkel om gemotiveerd aan te hou werk. Daar is soveel maniere om tyd te mors op hierdie dorp. Selfs net met die hulp van ‘n rekenaartjie. Geluk is ek met ‘n paar cool dinge besig – die Community of Mandela Rhodes Scholars reël ons jaarlikse konferensie vir Stellenbosch, en die Northwestern University-studente is amper op pad huis toe, so ek probeer hulle te siene kry.

Ek gaan ‘n vriendin leer fietsry. Ek het alles opgelees op die internet, en ons moet net ‘n fiets te leen kry. Ons het vandag ons eerste les aangepak net om te besef die saal is te hoog vir haar. Want jy sien, met hierdie metode (www.ibike.org) moet die leerder sommer eers net bietjie skopfiets ry, al sittend op ‘n verlaagte saal. Het ek genoem dat my leerder vreesbevange is? Ek sien so uit na hierdie uitdaging!

Ek maak nuwe vriende. As jy ooit vir Lauren Rosenberg of Sikelelwa Dlanga of Idelette McVicker kan ontmoet, sê ja asseblief en drop alles anders. Seriously. En die oues is soos goeie wyn. Dit is wonderlik om in ‘n mens se twintigs te wees.

Dit is nie meer okay om sommer enige persoonlike worstelinge aanlyn te bespreek nie. Ek het geleer daar is lyne. Daar was ‘n tyd, maar daardie tyd is verby. Gevolglik sukkel ek en om ‘n storielyn op hierdie blog te behou.  En tog glo ek daar is rede om te skryf. Ek moet dit net uitfigure: waaroor om te skryf, en watter prosesse om eerder nie vir die verlangse vriende en nuuskierige vreemdelinge uit te blaker nie. Ek kan toe tog misverstaan word. Ek het toe wel vraagstukke wat ek eerder wil beskerm en uit die publieke arena wil hou. Dit is nuut en nie aldag lekker nie. Maar dit is maar deel van die twenty-something package.

Na gesprekke met my ouma en my gesin, gaan ek nou my tweede naam verander van Johanna na Hugo. Cara Hugo Meintjes. Ek dink die volgende post sal daaroor gaan.

Advertisements

One response to “Updates

  1. “Dig” jou nuwe tweede naam. :)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s