Die avonture van twee 25-jarige Kapenaars

Liewe leser – hierdie blog post is nou vir jou as jy nog nie genoeg gehad het van my karaktersketse nie. Ek sal probeer om dit onsoetsappig te maak, maar as jy nie daarvan hou nie, gaan lees maar elders!

 

Kom ons noem hom Nelson. Hy sou daarvan hou.

Ons het ontmoet op ‘n Sondagmiddag. Ek was in my koshuiskamer aan die werk toe ek iemand buite hoor roep. Nuuskierig het ek my kop uitgesteek en hy het gevra of ek iemand nodighet om my kar te was. Ja, ek het, het ek gesê. Dit is hoe dit begin het.

Nelson het my kar nogal deeglik gewas (ek inspekteer altyd ‘n karwasser se werk, nes my pa my geleer het, en wys vir hom waar om nog ‘n bietjie beter skoon te maak). Ek dink ek het hom R40 betaal. Hy het vir my sy ma se nommer gegee sodat ek weer kan bel as ek my motor wil laat was of enige ander los werkies het vir hom. Hy woon in Kayamandi by sy ma, het hy my meegedeel, en hy is werkloos. Ons het uitgewerk ons is omtrent ewe oud, maar dit is sover soos die ooreenkomste gaan.

‘n Paar weke later het ek hom gebel en hy het stiptelik opgedaag om weer my motor te was. Hy het ‘n vriend by hom gehad en hulle het hulle eie kar was seep saamgebring. Ek was baie haastig en kon nie lekker aandag gee nie, maar hulle het my ‘n stuk gelaat lees wat Nelson met die hand in ‘n Croxley-boek geskryf het. Dit was onduidelik waarvoor die stuk geskryf is, maar dit het allerhande politieke stellings gemaak, soos dat menseregte belangrik is, dat sosialisme ‘n goeie idee is, en – wat my bygebly het – dat iemand wat ‘n misdaad pleeg, eers as straf na sy tuisdorp gestuur moet word; en eers vir sy tweede misdaad tronk toe gestuur behoort te word. Dit besing ook die lof van “Dr Nelson Rolihlahla Mandela”. Die naam word telkens met titel en volle name geskryf. My vriend Nelson het gesê hy wil graag met my praat, later, as ek tyd het. Ja, later, het ek gesê.

Die lewe gebeur nie soos ‘n fliek of roman nie. Dit gebeur ook nie soos ‘n akademiese artikel nie. Die lewe gebeur maar net. Jy kom later agter watter besonderhede belangrik was – daarom is dit so moeilik om te midde van ‘n ervaring vir ander daaroor te vertel. Maar ek dink ek sal probeer met Nelson.

Vir my het die lewe in Bellville, Durbanville en Stellenbosch gebeur soos dit het, sover.

Vir Nelson het die lewe tussen Khayelitsha en Kayamandi gebeur, terselfdetyd. Ek het uitgevind hy was in Dr Nelson Mandela High School in Khayelitsha – dus die konstante verwysing na hierdie held. Ek het hom nog nie die foto van my en sy held gewys nie. Ek wonder hoe hy sal reageer.

‘n Paar weke later het ons saam na my kerk toe gegaan. Daaroor sal ek jou volgende keer vertel. Dalk laat ek hom ook nog op ‘n keer self hier skryf.

Advertisements

3 responses to “Die avonture van twee 25-jarige Kapenaars

  1. Ek is baie nuuskierig oor die res van die gebeure – skryf asb gou verder :-)

  2. Ek’s saam met Son op hierdie ene – die artikel voel soos ‘n halfgebakte plaatkoekie, vol opwinding maar dit val bietjie plat op die einde… Waar’s die res?

  3. ((()))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s