‘n Gesprek voor kerk

Op ‘n manier het ek en my vriend Nelson besluit om mekaar se kerke te besoek. Eers sou hy myne besoek en daarna ek syne.

Dit was die Sondagoggend van die rugbywereldbeker finaal. Hy het gese hy wil eers voor die tyd met my praat, dus was hy al 07:30 daar. Ons het eintlik gese 08:00, dus moes hy maar ‘n bietjie buite die koshuis wag voordat ek gereed was. Toe het ons saam ontbyt geëet in my gang se kombuis. Roosterbrood en konfyt.

Hy het meestal probeer om my te oortuig om vir hom by iemand ‘n werk te kry.  Dit was duidelik hy is desperaat. Maar ons het ook oor onsself gesels. Hy het my vertel hoedat hy meestal in Khayelitsha op laerskool was en toe in Kayamandi op hoërskool. Maar hy moes na sy jonger boeties en sussies omsien en niemand in sy familie het werk gehad nie. Gevolglik het hy later probeer odd jobs doen. Hy was nie gereëld by die skool nie. Op hierdie punt in die storie het hy beklemtoon dat hy slim genoeg was vir skool. Ek kon enige onderwyseres vra, het hy gesê. Dit was net dat hy nie daar was nie, want hy het probeer geld maak. Op die ou end het hy dagga begin verkoop. Dit het beter betaal as ander goed. Hy het nie skool klaargemaak nie, want hy was te besig.

In ‘n stadium het daar ‘n groot sokkerspan in Kayamandi gekom besoek aflê – iemand soos die Kaizer Chiefs. Hulle het met die plaaslike sokkerspan ‘n paar balle rondgeskop. Later het hulle gekyk hoe die plaaslike spelers ‘n wedstryd speel. Halftyd het Nelson op die sokkerspelery afgekom en ‘n plek in een van die spanne gekry. In die tweede helfte het hy vir sy span, wat voor halftyd besig was om te verloor, drie doele aangeteken en hulle het die wedstryd gewen.

Die ouens van die vername sokkerspan het rondgevra oor hom. Wie is daardie ou wat die drie doele aangeteken het? Wou hulle weet. Dit is Nelson, was die antwoord. Nelson daag nie altyd op vir oefeninge nie, maar hy speel so nou en dan saam. Een van die vername sokkerspelers het na Nelson toe gegaan. Jy moet gereëld oefen, het hy vir Nelson gesê. ‘n Mens moet dissipline hê as jy iewers wil kom.

Dit was ‘n draaipunt vir Nelson. Hy het gewonder waar hy sou kon uitkom as hy meer doelgerig geoefen het. Hy het gereëld begin opstaan om vroegoggend “roadwork” te doen.

Maar tussendeur het die lewe gebeur. Hy het ‘n spaza shop saam met sy ma in Khayelitsha bedryf. Daar was ‘n girlfriend en toe was daar ‘n baba. En toe ‘n tweede baba. Twee seuns. Toe word die spaza shop besteel en Nelson het geen werk nie, geen inkomste nie, geen manier om onderhoud vir sy kinders te betaal nie.

Op pad kerk toe vra ek hom: Waar is sy pa nou? Hy kyk skerp na my, asof hy ontbloot voel. Hy woon in Khayelitsha, sê hy. Hy is nie deel van sy lewe nie.

En toe gaan ons kerk toe.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s