Category Archives: sussies

met sy wange

die laaste caratjies

Een van die suckyste goed wanneer couples opbreek wat mekaar liefhet, is dat hulle mekaarbitter graag wil troos. En uit die aard van die saak kan hulle nie.

Die een wat jou die beste ken, die een wat jou trane met sy wange afgevee het en wie se hemp jy soveel kere sopnat gehuil het, moet nou wegstaan. En jy moet wegstaan van die seerkry wat jou hart ruk, en sy vriende vra om hom te dra soos jy bittergraag wou.

Advertisements

culture shock

Nog ‘n tuiskoms, nog ‘n kultuurskok.

Ek is al hoe meer oortuig dat, ten spyte van alles wat op Stellenbosch aangaan, dit eintlik ‘n flippen maklike lewe is. Die regtige diep goed; goed wat jare onopgelos kan bly en/of vererger; die goed wat regtig seermaak wanneer jy daarmee gekonfronteer word en probeer om dit te verbeter, gebeur in jou kernverhoudings: jou familie.

Die naweek was Namrock – volg die link in my vorige blog, jy sal die spyt wees nie – en dit was om ‘n hele paar redes cool. Maar iets wat sal uitstaan as ‘n unieke ervaring in my lewe, was die woorde van oom Isak du Plooy. Hy’s die boer op Nukois, naby Karasburg, en ek en hy het lekker gebond tydens die altesaam 4 ure wat dit gekos het om Pieka by die hospitaal en terug te kry.Oom Isak.

Boere ken regtig almal mekaar! Toe ek noem ek’s ‘n Meintjes, toe trek oom Isak se oe op skrefies… toe ek se my oupa het naby Ariamsvlei geboer, toe se hy versekerd: Ek het daai Meintjese geken.

Nie net het hy hulle geken nie, vertel hy my later, maar my oupa Kobus Meintjes spesifiek het ‘n indruk op hom gemaak. Dit moes seker die 1950’s gewees het toe hy begin oplet het dat, wanneer daar verwarring in ‘n dorpsberaad begin kom het of die spanning bietjie hoog begin loop, dit Kobus was wat kon opstaan, die feit netjies van links na regs uiteensit, en rustig ‘n goeie voorstel maak vir hoe om die saak op te los.

My oupa. My Meintjes-oupa.

Ja, se oom Isak, om die waarheid te se hy en ‘n paar van die ander jong mans in die distrik het nogal opgekyk na my oupa in hierdie opsig. En hy’t ‘n belangstelling vir die politiek ook gehad, met ‘n opinie wat die moeite werd was om te hoor. Hy was ‘n SAP.

Pappa Theo, as jongste seun, het maar nie veel meer as die streng Kobus op die plaas geken nie, en boonop was Pappa van graad 1 af in die koshuis. My ma het al gese sy dink een ding wat Meintjese goed doen, is vasbyt. Maar dat Oupa iemand was om na op te kyk, en dat hy (soos ek!) belang gestel het in die politiek… dit het ek regtig nie eens geraai nie.

Hoe cool is dit. Ek aard dan dalk bietjie na daardie kant van die familie ook. Daar’s ‘n dieper connection met my Meintjes-kant as ‘n van waarvan jy altyd vir mense moet herinner daar’s net een “i” in. Ek weet my oupa het gesorg dat al sy kinders ‘n goeie opvoeding kry, al het dit swaar gegaan. Maar hierdie brokkie bewondering, seker 50 jaar later, van oom Isak, spark iets soos… trots in my. Die cool soort trots.

So Meintjes-wees is om nog ‘n rede cool.

Maar nou kom ek by die huis en … wel, alles is maar ver van perfek hier. Pieka cringe altyd as ek my ouers – veral my pa – kritiseer en ek stem al hoe meer met hom saam: eer jou vader en jou moeder. Want daar is beslis by ons drie girls saadjies van ‘n gebrek aan respek vir ons ouers, gepaard met min waardering vir die ongelooflik baie maniere waarop hulle ons seen.

Maar dit maak dit nie vir my maklik om te kom uit ‘n wereld waar my mees complicated verhouding die een met my kamermaat is na ‘n wereld waar ek dink my sussies beskadig my ouers, my ouers beskadig mekaar en al my jare van gebrek aan respek het die hele situasie vererger nie.

Dis regtig in gesinsverhoudings waar 2 Korintiers 5:19-20 die grootste uitdaging is vir my. “Ministers of reconciliation”… eish. Maar ok. Ek wil mos he God moet deur my werk. Binnekort spring vier uit die vyf Meintjese in ‘n kar en toer vir drie weke deur Botswana.

Mag dit goed wees.

My ma Nelleke en haar ma, Hanneke.

Cara-Cara op Clifton

Dit was ‘n super partytjie. Ek dink ek het soos ‘n mal vrou deur Kaapstad se traffic geweef… en dit was so lekker. En om om die blok te ry sodat Annali tyd kan kry om in die straat vir my te kom wag… en om op die ou end TOG op ‘n totaal onwettige plek te stop want ek kan haar sien en sy kan my nie sien nie… Hehe.

En die vriende…

ek-en-pieka-lag.jpg
Foto: Bernard Bravenboer

Pieka, wat ek steeds so liefhet, en wat my geskenk toegedraai het in tydskrifprentjies van kinders in fancy dress kostuums. En wat so gesellig met die Zimbabwiese CD-smous gesels het. * Dawid, vol verbande van vanoggend se motorfietsongeluk. En toe sommer ‘n sny ook van die volleyballbaan-tou… “Ons het darem ‘n punt gekry daarvoor”, verseker hy my. *Liesel in haar sexy fluffy nuwe wit baadjie… * Chelsea, Liesel se dramatiese maatjie… *Marita, rustig. My sussie en my vriendin. Soos altyd deesdae, meeste van die tyd by Bernard :) * Bernard, ‘n verrassing! Met sy kamera, en Daai Hemp :P En die crackers en kaas wag by die huis, vir eendag, dalk nie so lank van nou af nie. * Annali, Annamalia. My vliegtuigie-maatjie, my winnie-the-pooh pal, living the dream in die Stad. * Jako – ‘n ou wat ek lankal beter moes leer ken het. Hy’t meer entoesiasme as wat ek besef het. En hy’t vier glase meer as vat hy vanoggend gehad het. * Tim… what a man. What a talk on the way home! Some lucky girl somewhere is gonna love him to bits. I want my boots back. * Sami! My kindred spirit friend, whos mom is going to kill her. * Kieran, the guy with the hair… and the great girlfriend… and a great love for Camembert.

Slaaptyd… more, die Menseregtekonferensie op Stellenbosch! Wie wil NIE na Amanda Gouws and Hermann Giliomee en ‘n verdere polities-akademiese star cast luister vir ‘n naweek van hulle vakansie nie! EN ek kan in my eie koshuis bly. Life is good.

Ek het lekker verjaar :)

pieka-hot.jpg
Foto: Bernard Bravenboer

why i really really like men

Today, I blocked the exit to a parking garage with my gran’s car, then came back with gran-in-wheelchair, and instead of get annoyed, the dads of two families who were trying to pull out stopped, invited us to drive into the parking lot, lifted my gran up and into her car seat with their strong arms, and left (10 minutes later than they intended to), wishing us a good day.

My pa het vir my as 14-jarige meisie gesê: “jy’s jonk en pragtig – los die make-up en gaan net so op jou date”.

Countless times in my life, a guy has offered to carry something heavy for me.

Pieka het vandag om geen rede nie vir my die pragtigste pienk blomme gebring. En omdat hy my “Belle” noem. En omdat hy soveel soos ek, en so anders as ek, dink.

Ek ken vir Tinus le Roux, Louis Nigrini en Christopher Chipelo.

My pa fix goeters aan my kar sonder dat selfs agtergekom het dit fout, en hy herinner my altyd om veilig te ry en ek kan sien hy gee regtig om.

I know a band called Creed. I know a band called Jimmy Eat World. I know a band called Tree63.

Ek het vir 14-jarige Coert Grobbelaar sy eerste sokkiedans-les ooit gegee en sy genot – en vordering! – het my aand gemaak.

My mother has three brothers: one is an engineer-turned-technology salesman; one works in human resources; the other is an investor. When they get together at family parties, there is nothing in the world more compulsively mesmerizing than listening to their conversation. Mary-style.

Een woord: sêr!

 

Girls – why do you like men?

sussies

Hierdie hele WordPress blog het begin by my behoefte om idees uit te ruil met my sussies. Ongelukkig het ek nie baie reaksie gekry nie, en ek het ook nie regtig weer my gewaarwordinge hier geskryf nie al het ek baie baie geleer die afgelope ses maande.

Op die oomblik (15 September) is ek… moeg gedink oor vrouwees. Maar hopelik sal die lig weer helder brand, binnekort.

Hieronder is die debut blog van 2007. Chat weer as ek beter voel.

Toe ek jonger was (so tot min of meer gister) het ek gedink vrouedae, vroueverenigings, vrouetydskrifte en ander stuff met blommetjies en tee en control-freak-tannies in Woollies-klere is … ugh. Like, gaan weg. Ek verlang na my plakkies en my Alanis CDs.

En weet jy, ek dink nog dieselfde oor baie van hierdie goed. (Iris van Reenen bekeer my stadig vir seker tot Woollies… maar sover maak sy net vordering ten opsigte van hulle kos. Nie hulle klere nie.) Maar ek het iets besef wat my respek vir hierdie tannie-goeters ‘n bietjie herstel het, en dit is dat ek regtig nodig het om by ander vroue te leer wat dit beteken. Ek wil die Here regtig eer met hierdie lewe. En ek het al die wysheid nodig wat ek kan kry.

Nie al die commercial goed is noodwendig raadsaam nie – die Rooi Rose was byvoorbeeld nog nooit ‘n vriendin vir hierdie vrou nie. Maar soms kom ek in aanraking met vroue van God, van allerhande ouderdomme, wat my inspireer… en ek wil graag dit wat ek by hulle leer, en sommer dit wat in my eie kop aangaan, hier post.

GROOT asseblief, lewer kommentaar. Ek’s ‘n dogter van die Koning… en ek wil graag gedagtes uitruil met my sussies.