Tag Archives: familie

bella en ander kinders

Daar’s ‘n onderwerp of twee waaroor ek regtig deesdae sterk voel, maar ek is om een of ander rede selde in die geselskap waar ek dit kan bespreek. Ha! Nou’s jy my audience.

benesia1

Ek en Dorette het bietjie eeny meeny miny mo gespeel en besluit om vanaand Bella te kyk. Ek is nou nie Ryan wat boeke en series en flieks resenseer as ‘n stokperdjie nie, maar. Bella het ‘n paar vars idees en eye-opening oomblikke – en behou terselfdetyd ‘n genoegsame aantal gemaklike, bekende tonele en karakters om dit tematies op die rantjie tussen hoofstroomflieks en one-of-a-kind kunsflieks te sit.

Die storie gaan oor ‘n jong vrou wat haar werk verloor die dag wat sy uitvind sy’s swanger. Sy vind onverwags ‘n vriend in ‘n stil, bebaarde kollega, José. Saam ry hulle treine, ontmoet hulle mense, besoek hulle dele van die stad, en wonder hulle langs die pad hoe om sy verlede en haar toekoms te hanteer.

Die fliek bevat nie ‘n enkele suiwer antagonis nie: elke belangrike karakter, al gee hulle die ander grief, wys meer as een kant van hulself. Die storie gaan oor die lewe en dood van kinders en hoe hulle die volwassenes rondom hulle beïnvloed. Dit gaan oor die krag van gesinne om hulle kinders te seën of ‘n knou te gee, en hoe dit soms moeilik is om van buite af te sien watter impak iemand se gesin op hulle het. Dit gaan veral (maar on-soetsappig) oor die hoop wat ‘n kind afgee aan die mense rondom haar.

Back to real life. ‘n Skoolmaat is op pad om ‘n enkelma te word, het ek nou die dag sommer via facebook verneem. (Sy is die tweede van waarvan ek bewus is – die eerste se pragtige dogtertjie loer vir jou bo-aan hierdie blog en weer aan die einde.) Ek gun geen meisie of haar kind dit om sonder ‘n man die toekoms te moet aanpak nie. Maar ek kan nie help om die opwinding met hierdie nuwe swanger skoolmaat te deel nie. Ten spyte van alles begin ek verstaan hoekom sy nou heelhartig besluit het om hierdie kind se ma te word.

Ná die fliek het ek vir Dorette by die huis gaan aflaai en langs die hoërskool wou ek stop, in die ysige oop koue van die nag, om die groot verdwaalde labrador langs die pad op ‘n manier huis toe te help! Ek het geweet dis gekoppel aan die skoolmaats se moederskap en die Bella-kindfliek en my eie… nuwe ding. Soos ek al van tevore gesê het, is ek bietjie oorrompel oor hierdie nuwe begeerte.

Ek het skielik aan die begin van die jaar vir die eerste keer begin droom daarvan om my hart vir ‘n kind oop te maak. Om vir haar (of hom, o vrek, scary) ‘n tuiste te skep. Om saam met haar die wêreld te verken. Ek het myself nog altyd as ‘n kind gesien. Nou begin ek, onverwags, hoop ek sal eendag gereed wees om my hart te deel met ‘n nuwe kind, buite myself.

Ek is vir die eerste keer bewus daarvan dat dit regtig jou hele lewe verg. Nee. Ek het altyd geweet dit verg jou hele lewe. Dit het nie vir my na so ‘n great idee geklink nie, om daardie spesifieke rede! Maar nou kom ek agter ‘n kind is jou lewe werd, dalk meer as enigiets anders. Ek word eers die afgelope ses maande bewus daarvan dat dit dalk awesome kan wees.

Genoeg vir vanaand – ek’s vaak. Maar ek vermoed God krap-krap aan my hart soos aan daai irriterende sellofaan CD covers. Binnekort, as ek Hom toelaat, gaan hy ‘n deeglike grip kry en die beskermende plastiek afskeur totdat Hy met my, blootgestel, die kamer met musiek sal kan vul.

benesia4

benesia3

benesia2

Advertisements

culture shock

Nog ‘n tuiskoms, nog ‘n kultuurskok.

Ek is al hoe meer oortuig dat, ten spyte van alles wat op Stellenbosch aangaan, dit eintlik ‘n flippen maklike lewe is. Die regtige diep goed; goed wat jare onopgelos kan bly en/of vererger; die goed wat regtig seermaak wanneer jy daarmee gekonfronteer word en probeer om dit te verbeter, gebeur in jou kernverhoudings: jou familie.

Die naweek was Namrock – volg die link in my vorige blog, jy sal die spyt wees nie – en dit was om ‘n hele paar redes cool. Maar iets wat sal uitstaan as ‘n unieke ervaring in my lewe, was die woorde van oom Isak du Plooy. Hy’s die boer op Nukois, naby Karasburg, en ek en hy het lekker gebond tydens die altesaam 4 ure wat dit gekos het om Pieka by die hospitaal en terug te kry.Oom Isak.

Boere ken regtig almal mekaar! Toe ek noem ek’s ‘n Meintjes, toe trek oom Isak se oe op skrefies… toe ek se my oupa het naby Ariamsvlei geboer, toe se hy versekerd: Ek het daai Meintjese geken.

Nie net het hy hulle geken nie, vertel hy my later, maar my oupa Kobus Meintjes spesifiek het ‘n indruk op hom gemaak. Dit moes seker die 1950’s gewees het toe hy begin oplet het dat, wanneer daar verwarring in ‘n dorpsberaad begin kom het of die spanning bietjie hoog begin loop, dit Kobus was wat kon opstaan, die feit netjies van links na regs uiteensit, en rustig ‘n goeie voorstel maak vir hoe om die saak op te los.

My oupa. My Meintjes-oupa.

Ja, se oom Isak, om die waarheid te se hy en ‘n paar van die ander jong mans in die distrik het nogal opgekyk na my oupa in hierdie opsig. En hy’t ‘n belangstelling vir die politiek ook gehad, met ‘n opinie wat die moeite werd was om te hoor. Hy was ‘n SAP.

Pappa Theo, as jongste seun, het maar nie veel meer as die streng Kobus op die plaas geken nie, en boonop was Pappa van graad 1 af in die koshuis. My ma het al gese sy dink een ding wat Meintjese goed doen, is vasbyt. Maar dat Oupa iemand was om na op te kyk, en dat hy (soos ek!) belang gestel het in die politiek… dit het ek regtig nie eens geraai nie.

Hoe cool is dit. Ek aard dan dalk bietjie na daardie kant van die familie ook. Daar’s ‘n dieper connection met my Meintjes-kant as ‘n van waarvan jy altyd vir mense moet herinner daar’s net een “i” in. Ek weet my oupa het gesorg dat al sy kinders ‘n goeie opvoeding kry, al het dit swaar gegaan. Maar hierdie brokkie bewondering, seker 50 jaar later, van oom Isak, spark iets soos… trots in my. Die cool soort trots.

So Meintjes-wees is om nog ‘n rede cool.

Maar nou kom ek by die huis en … wel, alles is maar ver van perfek hier. Pieka cringe altyd as ek my ouers – veral my pa – kritiseer en ek stem al hoe meer met hom saam: eer jou vader en jou moeder. Want daar is beslis by ons drie girls saadjies van ‘n gebrek aan respek vir ons ouers, gepaard met min waardering vir die ongelooflik baie maniere waarop hulle ons seen.

Maar dit maak dit nie vir my maklik om te kom uit ‘n wereld waar my mees complicated verhouding die een met my kamermaat is na ‘n wereld waar ek dink my sussies beskadig my ouers, my ouers beskadig mekaar en al my jare van gebrek aan respek het die hele situasie vererger nie.

Dis regtig in gesinsverhoudings waar 2 Korintiers 5:19-20 die grootste uitdaging is vir my. “Ministers of reconciliation”… eish. Maar ok. Ek wil mos he God moet deur my werk. Binnekort spring vier uit die vyf Meintjese in ‘n kar en toer vir drie weke deur Botswana.

Mag dit goed wees.

My ma Nelleke en haar ma, Hanneke.