Tag Archives: koshuis

‘n meta t-opsie blog.

Jippie! Ek woon in ‘n nuwe huis! En ek het ‘n kat! Soos jy dalk mag weet -… of nie. Ek bedoel. Um… okay ek sien die ding so.

My nuwe kombuis. Ons het te veel perskes present gekry en ek het gistraand bietjie verspot geraak net voor slaaptyd.

My nuwe kombuis. Ons het te veel perskes present gekry en ek het gistraand bietjie verspot geraak net voor slaaptyd.

Daar’s soort van twee soorte blog lesers (“nee, drie,” se die spreuke digter in my kop). Daar’s mense wat my blog lees want hulle ken my. Omoes – here’s to you. Bernard – my blog se foto’s het nou al geleer hulle kan anyway nie wen teen joune nie en is nou al heel rustig met jou. Dorette – hou op tyd mors by die werk! Pieka – glad you popped in. Mamma.

Dan is daar mense in die klein Afrikaanse blog gemeenskappie hier op WordPress – verenig deur die feit dat ons vir WordPress gese het ons blog in Afrikaans en nou laat hy ons weet as daar ander blogs in Afrikaans gepubliseer word. Hierdie mense is vreeslik wispelturig en ek’s maar net dankbaar as WordPress my soms per ongeluk op die “top posts” vir die dag sit en my blog hits skielik die hoogte inskiet. Hiehie… maar ek sal love om hierdie mense se guns, en aanhanger-skap, te wen. Ek sien op hulle blogs hoe hulle mekaar leer ken en oor en weer comments begin gooi en sommige regtig ‘n pad saam begin stap. En ek dig hulle lingo. Woernaal? Hoe cool is dit! Of is dit nou bietjie AS van Straten van my?

Die derde een – ja, spreuke digter, jy’s reg – is die random search mense. Mense tik in op Google “Melktert kommissie se akkoorde” of “Clifton pictures” of “piel” en hulle kom by my blog uit. (Die “piel” search, wat al meer as een keer voorgekom het, het ek nou regtig nie anticipate toe ek die woordjie genoem het in hierdie blog nie. Hoe moes ‘n onskuldige meisie soos ek dit nou gesien kom het?).

In any case. As those in Category 1 would know – and no-one in the other categories could possibly – I’ve just moved out of my beloved Huis ten Bosch and into a university house on the other side of Stellenbosch campus.

Maar nou’s ek eintlik lus om te blog oor my lesers. Soos – hoekom sal mens blog in Afrikaans as jy weet jy’t regtig ‘n pebble in die Eersterivier se kans dat enigiemand behalwe die Klein Afrikaanse WordPress Gemeenskappie ooit sal begin om jou blog te volg? Wil mens dit nie ten minste moontlik maak vir internasionale lesers om jou blog te volg nie? Want hoeveel waardevolle terugvoer en invloed en allerhande dinge verloor jy dan nie? Ek het al hieroor gedink en my blogs probeer T-opsie. (Ja, dis ‘n werkwoord. Ek het so besluit.) Dis uitmekaar geskeur deur die media, maar ek dink nogsteeds die T-opsie is die beste, mees pragmatiese antwoord op ‘n moeilike vraag.

Maar soveel soos ek as huiskomiteelid met genot verbaal ge-T-opsie het (okay nou ruk hierdie werkwoord ding handuit) so min kry ek dit in blogs reg. Dis seker ‘n goeie ding. As ek in een taal begin, wil ek in hom klaarmaak. En as ek eers Afrikaans begin het, ontwikkel die blog ‘n ritme wat ek nie wil breek nie.

In addition to this, most of my current readers are almost certainly Afrikaans and my effort would be of no value to them as they switch unchallenged but unenriched to their other mother tongue. But any English reader that may have stumbled across my blog this once, when she encounters an Afrikaans paragraph, would probably stop reading. (As I would if I only understood half a blog).

Soos dit vir my lyk, is daar dus net twee opsies buiten die T-opsie. Skryf alles in Engels, soos etlike van my vriende alreeds besluit het. Of skryf alles in Afrikaans behalwe wanneer ek nie lus is nie.

(Terloops, as jy nie die woord “meta” ken nie, of nie in die konteks waarin ek hom graag soms gebruik nie, doen jouself ‘n guns en leer hom. Dis een van daai begrippe wat jy ken maar jy’t nooit ‘n woord gehad om dit te beskryf nie. O, en dit klink slim.)

writer’s block

It’s a sucky thing. Really.

Soms sluk dit jare se kreatiwiteit in – die impuls verdwyn eenvoudig en as jy daarna verlang en jy gaan sit by jou laptop, warrel daar kritiek oor alles wat jy gedink het cool is in jou kop.

Ons het pas begin jam saam met die Ummm Band. Dis nou sy naam totdat ons muse besluit om ons te seën met ‘n naam-idee. Stefan praat van Somervakansie. My ma stel Triple SEC voor want ons is Stefan, Elzeth en Cara. Ek dig die volgorde van die name want ek voel regtig ek kan nie musikaalgewys veel na die tafel bring nie. Ek’s darem ‘n tweede  female vocals en ek figure die akkoorde in Elzeth se kop uit en voer hulle vir Stefan.

Maar gelukkig, tans, is die writer’s block nie ‘n probleem nie. Dis asof iemand ‘n sluis oopgemaak het toe ek en Pieka opbreek – wat jou net wys hoedat ek myself teen die einde verhoed het om eerlik te wees oor my gevoelens, of om nuwe dinge te verken. Ek vermoed ek doen dit altyd as ek in ‘n verhouding is en ek dig dit niks nie… is mens nie veronderstel om meer kreatief te raak nie; groter drome te droom; meer te voel nie? 

So is daar nou al skribbels orals, en veral met my selfoon se voice recorder maak ek seker ek kan nie die wysie vergeet nie. Ek raak vrek opgewonde oor hierdie band ding. En ek’s baie bly Stefan, met ‘n hele paar jaar se band-ervaring, is betrokke om my te keer as ek bietjie overeager raak by open mic nights. Dis nie lekker nie, maar dis verstandig! Pudrema, waarvan Stefan die lead singer en manager en allerhande dinge is, klink al selfs vir my cool al luister ek nie as ‘n gewoonte na hulle soort hard rock nie. En hulle begin bekend raak.

Dis verskriklik opwindend dat die wysies in my kop begin draai – sommer maklik; elke dag. Ek het al hoe meer dikwels my en Elzeth se songs in my kop in plaas van radiowysies. Ek begin met nuwe ore luister na Alanis Morissette (Jagged Little Pill op ouderdom 20 – dis MAL!) en sommer Metanoia Sêr en Slagyster.

En die Melktert Kommissie. Ek het nuwe waardering vir die Melktert Kommissie – eenvoudig ‘n hoërskool girl wat besluit het nou kry sy haar pelle bymekaar en hulle neem hierdie songs in haar kop en in haar notaboekies ‘n slag op! Hulle is nie uitvoerkwaliteit nie – die meisie se stem het ‘n twang wat ek nou al geniet maar ek weet dit vat tyd om gewoond te raak en sommige mense raak nooit daaraan gewoond nie. En die lead guitarist… ai. (Ek praat nou van die musiek op Wonderwoorde; ek het geen geldige opinie oor die res nie.) Maar hulle het iets reggekry waarna ek smag. Ek sou wat gee dat 14-jarige meisies my lirieke, soos die Melktert Kommissie s’n, google en die akkoorde sit en uitfigure in hulle kamers; dat my woorde vervleg word met die ervaringe van tieners en studente om kampvure en op stoepe. Om te deel. Om te beïnvloed. Om te weet iemand anders kan identifiseer.

Dalk mik ek te hoog…  Of dalk mik ek te laag…! Die blote onsekerheid wys vir my dat ek besig is om iets te doen wat vir my saakmaak, en dis goed.

Te midde van dit alles wil ek nog Huis ten Bosch se sêr help lei – en hierdie jaar sal ons finals toe gaan! Ek wil staan vir die Stellenbosch SR. Ek gaan vir die eerste keer in my lewe vir ‘n hele jaar lank deeltyds werk. En o ja – ek het hierdie honneurskursussie waaraan ek moet aandag gee.

Skies, ek verveel jou seker al! Maar hey… wat kan ek sê? Die writer’s block het gelig!

as die brander jou rol…

ek-staar-by-venster-uit.jpg

amper somertyd… tyd om lekker baie tyd met Pappa te spandeer, klein sussie se favour te koop met trips na die malls toe, veels te veel geld op kuier uit te gee, en natuurlik… see.

ons het reeds die volleyball goed uitgehaal en ‘n paar blissful uurtjies op gordonsbaai se strand deurgebring. en op stellenboschberg oorgeslaap (eeeeeina my bene, maar oe dit was lekker!)…

en nou’s ek terug in die halflee kamer – dorette is klaar tuis – met my laaste swotwerk vir 2007 en ‘n spul hk werkies wat so random voel. die kamers rondom myne staan oop en die son skyn op die naakte matrasse. die posters teen die gangmure lyk… windverwaaid, en verlangend na die herwinningsbokse.

en ek wil nie huis toe gaan nie; ek wil nie he dit alles moet vir eers verby wees nie… maar ek wil beslis ook nie he dit moet SO lyk nie. en die vakansie gaan lekker wees. die vakansie begin more. dit gaan rock. maar hierdie limbo… dit meng ‘n klomp lekker en ‘n klomp sleg, soos as jy bodysurf en skielik rol die brander jou en alles is nie meer so snaaks nie. it takes you by surprise and leaves you confused.

manuel castells probeer my vanuit sy studeerkamer in 2003 leer hoe die kennis-samelewing besig is om politiek te transformeer en al wat ek wil doen, is prentjies verf soos toe ek 19 was…

en die dag voel onafgerond…