Tag Archives: tuinmaak

nog nurture

Dit het pas begin reen op Stellenbosch. blog2

Om my storie te vervolg. Toe ek terugkom van vakansie, het die wortels en uie ontkiem! Ek was lanklaas so… nee okay, ek raak opgewonde oor baie goed, so I guess ek was redelik onlangs so opgewonde. Maar ek was baie opgewonde hieroor. Het jy geweet mens kan uiesprietjies net so eet? Trek hom uit die grond en gooi hom oor jou slaai…

My ma het my nou die Maandag, toe dit ‘n vakansiedag was, gehelp om NOG plante uit die tuin by die huis te grawe en hulle hier te kom plant. Daar is dekades laas iets geplant by Banhoek 149, toe hier nog ‘n gesin gewoon het en ‘n kniehoogte baksteenmuurtjie om ‘n huis nog sin gemaak het. Die universiteit het regtig ‘n patetiese werk gedoen sedertdien om ons tuin te onderhou.

So ek en Mamma Nelleke het die grond probeer losspit en dit was een van die laaste bitter warm dae… en toe kom daar ‘n man verby en smeek ons vir werk. Regtig, smeek. En ons se ons is jammer, ons het regtig net hierdie een gat om te grawe, ons kan hom nie besighou met werk nie… en hy smeek weer… en ons se ons is jammer. En toe stap hy maar aan. En toe hy so 20m af in die straat is, toe besluit ek ag man, al spit hy een gat en ek gee hom nog ‘n klein werkie iewers anders, waaraan ek nog sal dink, dan kan hy darem R15 maak… hy was so desperaat. En toe roep ek hom terug… en op die ou end het ons maklik 2 ure se werk vir hom uitgedink en daar’s nou baie meer grond losgemaak rondom die huis as wat ek en my ma ooit sou.

Aarbeie, kruisement, rocket, basil, seldery, origanum, tamaties… dit lyk regtig of jy veronderstel is om Vrouens te Bemagtig met daai tuin, het een van my vriende geskerts. Hy’s so mooi reghoekig en in die middel van nerens ook nog. En in die voortuin: laventel. Ek vind my van tyd tot tyd aangetrokke tot die beddinkies; ek wil net iets gaan DOEN daar. Maar dis Sondae se voorreg. Ek probeer Sondae daarvoor tydmaak en die res van die tyd mag ek glad nie.

“Nurture,” het Anmaree gese toe ek haar dit alles vertel. “Jy hanteer hierdie tyd deur vir ander goed te sorg, ander goed te nurture, en dis baie goed.”

Ek begin ook vir die eerste keer opgewonde raak daaroor om kinders in my space te he. Om kinders te kan verwelkom, te kan versorg. En ek begin dink liefde is altyd ‘n klein bietjie buite jou beheer, want die mense wat jy liefhet is hulle eie mense. So liefde is ‘n bietjie oorgawe… en ware vreugde dus ook. En ek sien vir die eerste keer uit daarna om ‘n groot deel van my toekoms, my lewe, op te gee vir iemand.

Hierdie week het dit begin reen, en die lug was eergistermiddag so ‘n ongelooflike kleur dat ek dit moes afneem. So hier’s ‘n vinnige kiekie van die eerste stuk tuin wat ek en Christo gemaak het, met die wortels en uie wat begin uitkom.

blog1

Advertisements

nurture

“I’m astounded how much love I’ve poured on that thing in such a short space of time.” Dis ‘n onlangse opmerking van een van my beste vriende oor sy verhouding met sy nuwe troeteldier, ‘n rot genaamd Martin.

Ek en hy (my vriend, nie die rot nie!) is albei deur ‘n bietjie heartbreak aan die begin van die jaar en het albei hierdie jaar ons gemaklike koshuislewens verruil vir studentehuise.

Toe ek aan die begin van die jaar hier aankom, sit ‘n grys kat vir my en miaau. Ek het haar onthou van laasjaar; die ouens wat laasjaar hier gewoon het, het haar Slet gedoop. Hulle het haar probeer DBV toe vat, en die DBV het haar eerder gesteriliseer en vir die ouens teruggegee.

Ek het haar Roxy genoem, vir haar katkos gekoop uit my sakgeld en met die res van die huis onderhandel om haar te hou. Chandre het kom kuier en met haar gespeel. Bernard het kom kuier my met haar vergelyk. Ek het vir haar ‘n liedjie geskryf. Sy het by my voete begin slaap. Ek het haar begin troetelname noem.

kat1

En toe begin my vingers jeuk…

Kort voor lank het ek begin kruie aanhou op die vensterbank. Eers net takkies basil of wat ook al my ma gehad het, wat ons dan in kos gebruik het. Later het ek ‘n paar van my ma se plante uitgegrawe en in potte op die vensterbank gesit… waar hulle stelselmatig doodgegaan het. Ek weet nie of dit te veel water was, of te min, of te min son, of wat nie… maar die kruisement, aarbeie, seldery, basilikum, en so aan het maar net nie ge-flourish nie. Maar hulle was nog daar en ek het hard probeer om vir hulle te sorg.

Die pakkies saad in die winkels het my nog erger begin verlei as wat die skryfbehoefterak in my eerstejaar ooit kon en ek het ‘n pakkie wortelsaadjies, uiesaadjies en blommetjies gekoop wat almal belowe het hulle kan in die herfs geplant word.

Toe ek die aand voor die vakansie by Chandre gaan kuier en sy wys my haar awesome klein tuintjie, toe weet ek dis tyd. Sy’t vir my ‘n sak kompos present gegee en ek het Dorette se klein boetie oortuig om saam met my in die skemer te spit en al die plante uit te plant in ‘n klein hoekie van die agterplaas waar daar voorheen net die oorblyfsels van verdroogte gras was.

Tshepo het ingestem om die kat kos te gee en die plante water te gee elke oggend voor hy aan die werk spring met sy tesis. En toe gaan ek op vakansie teen die Ooskus.

blog11