Tag Archives: vakansie

roll credits

Ryan se laaste aand op Stellenbosch moes ons eenvoudig gaan dans. Ons het saam aandete gemaak en toe het die vriende begin aankom – Ernst en Ronel en later Mari en Renette en  Louis en Jacques en Carlien en JP.As jy my ken, weet jy dis nogal ‘n mix. Dit was awesome so.

Ek en hy gesels byna daagliks via Urpu – iets soos MSN messenger vir die Stellenboschnetwerk. Sy status updates is dikwels nostalgiese lirieke – nog erger as myne! Want Ryan sê al vir ‘n rukkie hierdie semester het nou net insanely lank geraak. Daar het nou flippen genoeg goeters gebeur dat ons dit ‘n hoofstuk kan noem en ‘n bietjie kan asemhaal voor die volgende een.

Ons het altwee seergekry op maniere wat ons graag gespaar sou wou gewees het. Hy’t my oortuig mens mag drie dae na ‘n groot teleurstelling eenvoudig stort skip, slaap net wanneer jy wil, heeldag movies kyk en ooreet. En daarna sal jy so ongesond en gatvol voel dat jy ‘n meer normale lewe sal hervat uit pure frustrasie met jouself. Ek het hom opgevat op daardie een. ‘n Klomp flieks en sjokolade later, toe ek uit my toe kamertjie emerge, het ek actually beter gevoel. Sy rou grappies – soveel soos hulle sout in die wonde gevryf het – was snaaks omdat ons in die selfde bootjie was.

Ons is altwee deur baie oppe en affe. Ons het altwee troeteldiere gekry. Ons het gereeld mekaar oortuig om vir ‘n uurtjie of twee by die Neelsie sokkie in te loer. Selfs wanneer almal anders net dans, dink Ryan. Aan alles. Teorieë oor watter elemente Kurt Darren nodighet om ‘n hit te skryf was ‘n heerlike tema die afgelope tyd… ek dink hy is besig om ‘n Kurt Darren/Kaptein-parodie te skryf oor ‘n posbus :) Laat een Woensdagaand in Feruarie het hy kom eers na die sokkie kom water drink op die muurtjie voor my huis. Ons ore nog singend, ons lywe lam gedans en gelag, het hy wragtig nog kans gesien om ‘n paar skerpsinnighede kwyt te raak. Die straat was so stil.

Dis asof Ryan hom meng met my nostalgie. Op die AIFS toer in April, met Algoa FM wat al die Amerikanertjies irriteer, het ek iets opgetel van die “tuis”-gevoel wat die Oos-kaap hom gee en ek het besef iets van my sal ook agterbly tussen die vaal duine van Jeffreysbaai.

En daardie Sondagmiddag in Gordonsbaai, ure lank albei gefassineerd in die ou boekwinkel, het daar ‘n rustigheid oor my gekom. Al daardie paragraaflange post-kuier urpu-boodskappies het begin insink,veral die opregtheid waarmee hy geskryf het. Ek begin ons verhouding vertrou as iets waarop ek maar mag terugval as alles te rof raak.

Meer onlangs het ons een aand aan mekaar erken dat die sokkie nou lekker was, maar dat dit maar vir ons albei ‘n bietjie bittersoet is omdat ons verlang na ‘n verhouding wat ons nie in mekaar gaan vind nie. Ons sien van tyd tot tyd nog vir Mnr Seerkry en Mej Seerkry (om Girl van die Suburbs se idee ‘n bietjie aan te pas) en dan noem ons dit versigtig aan mekaar – in ‘n paar sinnetjies, met die vermyding van hulle name as ons kan. Ons altwee glo in ‘n onsigbare skeidslyn tussen platoniese vriende as dit kom by share oor hulle avonture met die teenoorgestelde geslag. Maar ons weet die ander een gee diep om.

En daar sit ons toe om die tafel by Opskop en ek vergaap my net aan die verskillende ouens en meisies wat miraculously presies ewe veel uitgewerk het. Ek en Ryan dans saam op liedjies wat ons eintlik aan ander mense herinner en analiseer laggend die lirieke sover soos ons gaan. Toe Kaptein opkom, is dit soos die sikliese einde tot die drama wat was die Eerste Semester. “It’s like the credits are rolling onto the screen right now.” Toe hy tuiskom, maak hy dit sy status message. Roll credits.

Hy is uiteindelik nou op vakansie. Hy’t vir my ‘n laaste paragraaf-boodskappie op Urpu gelos – opsommend, opreg, vol bewondering en seën. Ek het my woorde mooi gekies en teruggeskryf. En vroegoggend ná die Opskop-aand het hy op ‘n vliegtuig geklim.

See you again soon, Ryan Ryan.

*cara cara.

Advertisements

culture shock

Nog ‘n tuiskoms, nog ‘n kultuurskok.

Ek is al hoe meer oortuig dat, ten spyte van alles wat op Stellenbosch aangaan, dit eintlik ‘n flippen maklike lewe is. Die regtige diep goed; goed wat jare onopgelos kan bly en/of vererger; die goed wat regtig seermaak wanneer jy daarmee gekonfronteer word en probeer om dit te verbeter, gebeur in jou kernverhoudings: jou familie.

Die naweek was Namrock – volg die link in my vorige blog, jy sal die spyt wees nie – en dit was om ‘n hele paar redes cool. Maar iets wat sal uitstaan as ‘n unieke ervaring in my lewe, was die woorde van oom Isak du Plooy. Hy’s die boer op Nukois, naby Karasburg, en ek en hy het lekker gebond tydens die altesaam 4 ure wat dit gekos het om Pieka by die hospitaal en terug te kry.Oom Isak.

Boere ken regtig almal mekaar! Toe ek noem ek’s ‘n Meintjes, toe trek oom Isak se oe op skrefies… toe ek se my oupa het naby Ariamsvlei geboer, toe se hy versekerd: Ek het daai Meintjese geken.

Nie net het hy hulle geken nie, vertel hy my later, maar my oupa Kobus Meintjes spesifiek het ‘n indruk op hom gemaak. Dit moes seker die 1950’s gewees het toe hy begin oplet het dat, wanneer daar verwarring in ‘n dorpsberaad begin kom het of die spanning bietjie hoog begin loop, dit Kobus was wat kon opstaan, die feit netjies van links na regs uiteensit, en rustig ‘n goeie voorstel maak vir hoe om die saak op te los.

My oupa. My Meintjes-oupa.

Ja, se oom Isak, om die waarheid te se hy en ‘n paar van die ander jong mans in die distrik het nogal opgekyk na my oupa in hierdie opsig. En hy’t ‘n belangstelling vir die politiek ook gehad, met ‘n opinie wat die moeite werd was om te hoor. Hy was ‘n SAP.

Pappa Theo, as jongste seun, het maar nie veel meer as die streng Kobus op die plaas geken nie, en boonop was Pappa van graad 1 af in die koshuis. My ma het al gese sy dink een ding wat Meintjese goed doen, is vasbyt. Maar dat Oupa iemand was om na op te kyk, en dat hy (soos ek!) belang gestel het in die politiek… dit het ek regtig nie eens geraai nie.

Hoe cool is dit. Ek aard dan dalk bietjie na daardie kant van die familie ook. Daar’s ‘n dieper connection met my Meintjes-kant as ‘n van waarvan jy altyd vir mense moet herinner daar’s net een “i” in. Ek weet my oupa het gesorg dat al sy kinders ‘n goeie opvoeding kry, al het dit swaar gegaan. Maar hierdie brokkie bewondering, seker 50 jaar later, van oom Isak, spark iets soos… trots in my. Die cool soort trots.

So Meintjes-wees is om nog ‘n rede cool.

Maar nou kom ek by die huis en … wel, alles is maar ver van perfek hier. Pieka cringe altyd as ek my ouers – veral my pa – kritiseer en ek stem al hoe meer met hom saam: eer jou vader en jou moeder. Want daar is beslis by ons drie girls saadjies van ‘n gebrek aan respek vir ons ouers, gepaard met min waardering vir die ongelooflik baie maniere waarop hulle ons seen.

Maar dit maak dit nie vir my maklik om te kom uit ‘n wereld waar my mees complicated verhouding die een met my kamermaat is na ‘n wereld waar ek dink my sussies beskadig my ouers, my ouers beskadig mekaar en al my jare van gebrek aan respek het die hele situasie vererger nie.

Dis regtig in gesinsverhoudings waar 2 Korintiers 5:19-20 die grootste uitdaging is vir my. “Ministers of reconciliation”… eish. Maar ok. Ek wil mos he God moet deur my werk. Binnekort spring vier uit die vyf Meintjese in ‘n kar en toer vir drie weke deur Botswana.

Mag dit goed wees.

My ma Nelleke en haar ma, Hanneke.

still standing

“And the wonder of it all is I’m still standing

And the wonder of it all is we’re still standing – never planned it

and I wonder where I’ll be next year…”

Monday Morning, easily identified as Christiany by the style of the outro, made it onto secular radio with this song, Wonder of it all (Next Year). I love this song because every year, I find myself identifying with the lyrics again. Go ahead and google it.

Ek’s amper deur my HK termyn, en behalwe vir ‘n paar belangstellings wat uitgehonger en/of dood is (soos my prentjies-teken-gier), is ek lewendiger as ooit. Ek kan net terugstaan en sê wow.

‘n Paar nuwe onderwerpe het ook deel geword van my lewe. The TEAM (probably soon to be the Leadership Network) met ongelooflike inspirerende mense en groot drome het sy opwagting aan die begin van die eksamen gemaak – dankie Sam! Ek het ‘n jong vrou met die naam Nielen Bottomley baie beter leer ken en dis ‘n seën. Ek het per ongeluk verslaaf geraak aan Flight of the Conchords. Die nuwe Huis ten Bosch eerstejaars is vrek oulik – ek voel … trots? maternal? so iets… as ek kyk hoe lewenslustig sommige van hulle die wêreld aangryp! Maar hulle glip in en uit my lewe, unlike sekere ander HK’s se “A-list jarre”.

Die cool ding is, besig-wees het nie meer spanning in my lewe gebring nie, maar minder… ek het ‘n punt bereik waar ek besef het as ek met als moet cope gaan ek mal raak, en regtig oorgegee het. God was van daar af die baas. Ek stres nie meer nie. Geen stressimptome. Ek het gesond gebly dwarsdeur herfs, wat regtig nuut is vir my. Ek’s ook nie emosioneel uitgeput hier aan die einde van die semester nie. Vir eens het ek geen behoefte om stadiger te beweeg nie – om die waarheid te sê, ek kan nie wag vir my volgepropte vakansie nie! Namrock!

Daar was bietjie struggles ook tussenin. Dorette beleef ‘n rowwe semester (wat steeds aangaan terwyl die voorgraadse mense vakansie hou) en dis nie altyd vir haar maklik om te cope nie. Maar hey – dis cool dat sy so nou en dan kom oorslaap. Ek mind nie. Ek en Pieka het albei by geleentheid selfondersoek ingestel en agtergekom daar’s stuff in ons harte wat nie cool is nie (meer hieroor dalk onder “sussies” hierbo) en waaraan ons moes werk. Maar die gevolg was dat ons met mense soos Johan Aspeling en Linda Louw kon gesels.

Dis altyd die uitdaging – om te besef daar’s fout en actually iets daaraan te doen. Pieka is goed daarin.

Hierdie blog sal gou opgevolg moet word deur iets minder algemeen. Maar vir nou, oor die algemeen, is die lewe soet. Soli Deo gloria.

check

Wat Cara graag hierdie vakansie wil doen!

hmm

Lees Le Noeud de Vipères – Mauriac

x

En die ander boek

j

Skryf minstens 2 blogs

j

En ‘n liedjie!

hmm

CI proposal

j

Koop klere vir HK

x

Koop goedjies vir kamer

j

Europa Scrapbook

j

Sif klerekas

x

Stuur Happy 7 Jan smse

x

Sif deur boekrak

j

Ruil fone met Pa

j

Merk alle klere

j

Ruil hemp en paddavoete om

j

Vee ou emails uit

j

Skryf ou smse oor

Ek dink dis heel goed. Ek kon baie blokkies check (is daar ‘n regmerkie-simbool in Word??) en by twee grotes darem se ek het vordering gemaak. Ek het so… ongefokus gevoel… maar ek het ‘n klomp van die goed wat ek wou gedoen kry, gedoen gekry. More ry ek my karretije Stellenbosch toe, en ek hervat my studentelewe daar… in al sy besig-heid, in al sy vreugde, in al sy diversiteit van idees en leefstyle.

Iets groot wat nog glad nie gebeur het nie, is perspektief kry. Ek wil perspektief kry op twee maniere – eerstens, ek wil regtig by die Here gaan sit en Sy raad vra oor hierdie jaar. Ek sal bitter graag ‘n visie of ‘n woord of ‘n versie van Hom wil kry waarop ek hierdie jaar kan fokus. Dit sal my help om na iets toe te kan default; ‘n prioriteit waar rondom ek my keuses kan maak.

… My vriend finch sou my dalk aanraai om dit juis nie te doen nie; om van oomblik tot oomblik uit die Heilige Gees se hand se eet… om in elke situasie weer te vra wat vir Hom belangrik is; wat Sy wil is. Maar ek het ‘n huge behoefte aan ‘n bietjie rigting; ‘n bietjie helderheid. Ek sal maar kyk wat die die Here vir my wil gee wanneer ek by Hom gaan sit.

Die tweede ding is om al my Huiskomiteepapiere uit te sort en beplanning vir elke portefeulje – elk van my 8 – op skrif te kry.

Ek sien SO uit na die jaar! Nie alles is gereed nie, maar my hart is, al meer. Aaaah… ‘n kamer van my eie! ‘n Gang vol eerstejaars… hiehie… ‘n groen fiets wat orals rond zip, en ‘n Pieka om my hand vas te hou en om te deel. Finalejaar – o ja. Whatever (wat ‘n blessing dat ek nie hoef te worry daaroor nie). Vriendskappe wat stewiger word; seker ‘n hele paar nuwes (ag as ek net mense se name kon begin onthou!)… En sekerlik ook baie laaaat nagte se opstelle; emails tik; reelings tref. Serliedjies skryf? Ek hoop so… en vrees die pressure! Dalk… waarskynlik… ‘n sending-uitreik na Frankryk in Junie.

Een van die coolste goed waarna ek uitsien, is die “HK-lede moet daar wees” schlep van beleidsessies en brainstorms en vergaderinge met die main peanuts in die pakkie. Die mense wat regtig dink oor wat op hierdie Universiteitskampus aan die gang is, en met die HK’s (die on-site leiers) daaroor praat. The stuff revolutions (big and small) are made of…

Sjoe, ek verveel jou seker al. Nog net een ding – check my deurplakkaat. Ek en Finch het dit vanmiddag gemaak. Die woorde is die liedjie “Shine on Me” van Louis Brittz.

deurplakkaat

as die brander jou rol…

ek-staar-by-venster-uit.jpg

amper somertyd… tyd om lekker baie tyd met Pappa te spandeer, klein sussie se favour te koop met trips na die malls toe, veels te veel geld op kuier uit te gee, en natuurlik… see.

ons het reeds die volleyball goed uitgehaal en ‘n paar blissful uurtjies op gordonsbaai se strand deurgebring. en op stellenboschberg oorgeslaap (eeeeeina my bene, maar oe dit was lekker!)…

en nou’s ek terug in die halflee kamer – dorette is klaar tuis – met my laaste swotwerk vir 2007 en ‘n spul hk werkies wat so random voel. die kamers rondom myne staan oop en die son skyn op die naakte matrasse. die posters teen die gangmure lyk… windverwaaid, en verlangend na die herwinningsbokse.

en ek wil nie huis toe gaan nie; ek wil nie he dit alles moet vir eers verby wees nie… maar ek wil beslis ook nie he dit moet SO lyk nie. en die vakansie gaan lekker wees. die vakansie begin more. dit gaan rock. maar hierdie limbo… dit meng ‘n klomp lekker en ‘n klomp sleg, soos as jy bodysurf en skielik rol die brander jou en alles is nie meer so snaaks nie. it takes you by surprise and leaves you confused.

manuel castells probeer my vanuit sy studeerkamer in 2003 leer hoe die kennis-samelewing besig is om politiek te transformeer en al wat ek wil doen, is prentjies verf soos toe ek 19 was…

en die dag voel onafgerond…