Tag Archives: wisdom

in konteks

Flippen cool. Ek dog die stad is Engels? Ek het eers Engels en later Afrikaans gepraat met almal – die administratiewe beampte, die volledig viertalige dame by die konsulaat, die meisie agter die toonbank by die calamari-winkel, en die vrou vir wie ek die calamari gekoop het.

Ek bedoel nie om heeltyd oor mense in die straat te blog nie, maar hier gaan ek weer. Ek’s so spyt ek het nie haar naam gevra nie. Ons het eintlik diep dinge gepraat.

Ek het haar amper gedodge – ouerige vrou met ‘n netjiese sweetpaktop en uitdrukkingsvolle blou oë. Sy’t gevra vir kos, en, wel… ek was eintlik lus vir die geselskap. Die stad is so mooi en ek het gewens ek kan dit met iemand deel!

“Ek kan nie baie vinnig loop nie, meisie; ek is oud, ek het pas ‘n inspuiting gekry en ek het leukemia.” Hoop sy ek raak lui en gee net vir haar die geld? Maar ek pas my tempo aan en stap saam. Sy stap regtig moeilik, maar sy kom.

Af in Langstraat en om die hoek. “Ek het nie baie geld nie, Mevrou… watter winkels is hier naby?”… Ons besluit op die calamari take away plekkie teen Groentemarkplein. Weer huiwer sy: “Ag, ek wil nie jou tyd mors nie. Jy kan sommer vir my geld gee vir ‘n koeldrank…”

Ek sê my ma het my geleer ek mag nie geld gee nie, maar ek sal vir haar kos koop. Is dit okay? Ja, dit is. Oor die kos is sy vaag – dit is eintlik nog vroeg op ‘n bord kos te eet, seker 11h – maar sy’s seker sy wil ‘n Coke hê! Ek voel bietjie asof ek met ‘n kind werk, maar dis nie sleg nie.

Ek vra waar sy grootgeword het. Oral hier rondom die Kaap, sê sy. As sy praat, hap sy so vir lug, soos ‘n dogtertjie wat ooropgewonde is; herhaal partykeer ook woorde. Ons gaan sit en wag vir die kos.

“My man het dertien jaar lank gestudeer! Hy het eers ingenieurswese en toe sielkunde gedoen.” Ek soek nog die swaarkrystorie – hoekom het sy my gevra vir kos? “Sjoe, julle moes gesukkel het om die kospotte aan die kook te hou vir dertien jaar?” raai ek. Nee! “Die sielkunde was sommer – hy het dit sommer deur UNISA gedoen. Die regering het hom ‘n pos aangebied – hy’t nie gevra daarvoor nie; hulle het hóm gevra – maar hy het gesê nee, hy hou van wat hy doen; dis wat hy altyd wou doen.” “Die ingenieurswese of die sielkunde?” “Nee die ingenieurswese…

“Maar jy weet… As twee mense saam iets doen, kan net die een wen.”

“Hoe bedoel Mevrou… Tannie? Ek verstaan nie…”

“Jy sal nie verstaan nie… jy’s nog te jonk.” Sy sê dit goedig.

“Ja, ek is nog jonk,” erken ek. “Ek’s 22.”

Die kos kom; die kelnerin bied haar ‘n bietjie spesiale sout aan vir die chips. “Nog, nog, asseblief! Dankie.” Nes ‘n kind… Maar sy eet netjies.

Sy vertel my van reg en verkeerd – dit wat goed is, is reg. En dit wat jy weet sleg is, dit is verkeerd. “Dis net moeilik om altyd die verskil te ken,” stem ek saam. En sy keer terug na haar vroeëre wysheid: “As twee mense saam iets doen, sal die een wen, en die ander een sal verloor.”

“Ek hoop nie dis waar nie…”

“Maar dit is!” dring sy aan.

“Dan wat sal ek doen – die wêreld op my eie aanpak? Is dit al manier om te wen, Tannie?”

Sy dink ‘n bietjie na. “… Ja.”

“Maar ek wil nie alleen wees nie, Tannie! Dan sal ek eerder van die begin af bereid wees om ‘n paar opofferings te maak…”

“Ja sien, dan het jy klaar verloor.” Sy glimlag en sy’s oortuig van wat sy sê, maar hartseer.

“Dis eintlik iets waaroor ek baie dink op die oomblik,” erken ek. Ek voel skielik deursigtig; kwesbaar. My oë raak warm; ek wonder of sy kan sien hulle blink.

Sy vertel my dat sy op 39 van haar man geskei het. “Dis nog lekker as mens jonk is, terwyl die verliefgeit daar is, maar eendag, as jy nou ouer word, dan kyk jy vir hom en jy dink: jou moer!” Sy lag. Ek lag ook, bietjie ongemaklik, en mompel iets van ‘n man kies met integriteit en om my voor te berei dat ons soms mekaar gaan irriteer. Maar sy lag nog; sy hoor my nie! Sit stil, kyk weer vir my en lag weer, heerlik.

En dan ernstig: “Jy sien, ons probleem was, ons het te veel baklei.”

Ek weet nie wat om te sê nie.

Vandag woon sy in ‘n ouetehuis – so iets, sê sy; klomp oumense wat saam woon – in Maitland. Sy het darem haar eie kamer. Vanoggend was sy net lus vir niks. Sy het die huis so gekyk en besef dít moet gewas word en dáárdie moet skoongemaak word en híerdie moet gewas word, en toe besluit sy net, nee. En sy trek haar laaste skoon trui aan en besluit vandag kom sy stad toe. Sy sou eers moet bedel vir die transportkoste – “dis verskriklik dat ons oumense so moet bedel” – maar sy’t vir die ander gesê koebaai; sy sien hulle weer vanaand. En toe kom sy stad toe.

Dis halftwaalf; ek moet my treinkaartjie by die Franse Konsulaat gaan wys voor twaalfuur. “Mooibly, tannie,” groet ek en staan lomp op; skop amper die stoel om. Deursigtige Cara. Hoekom? “En sterkte met die siekte…”

“Nee wat jong, ek gaan al jare aan met die ding; hulle het gesê die inspuiting wat hulle my nou gee is díe duurste, beste ding… dis díe medisyne nou. Dit werk óf heeltemal, of glad nie.” Sy glimlag en sê weer dankie.

Ek kan nie verstaan wat my so raak nie. Die trane sit vlak toe ek oor Groentemarkplein stap. Ek hoop heimlik die medisyne werk heeltemal.

Advertisements

ervaring 1/2

kom ek gaan haal hierdie een bietjie verder. ek gaan hom sommer t-opsie vir die lekker ook. (t-opsie is my nuwe werkwoord en ek sal dit persoonlik opvat as jy dink dis oncool!)

so after a period of hand-wringing and general idea-hopping with regards to next year, i went and asked my polsci lecturer what my postgrad options look like. he promised me a slide show in class in due time, then closed the applications a month early without doing the slide show. had a bit of a fright there. and put up a fight, incorporating student representative bodies etc. but i went and applied and got onto the waiting list for polsci honours and i’ll probably get in.

but then i was like, hey, i still don’t know what polsci postgrad is about. and i still don’t know if that’s what i want to do.

every time i’m faced with an oppurtunity like this, i freak out because i’m kind of scared i’m signing my life away. on the meyers-briggs personality profile system, i’m a definite enfp. some people are uncomfortable with uncertainty; i’m uncomfortable when things get tied down. sekerheid is nie ‘n goeie ding nie. sekerheid bind my vas.

en met hierdie gevoel wat my nervous maak (pressure, baby!), maak ek toe eers ‘n draai by polwet dosent en toe by die ssvo-loopbaanvoorligtingsentrum. polwet dosent, wat my so te na gekom het vroeer, het toe eintlik ‘n entoesiastiese, redelike kant ook. hy’t vir my ‘n langgg lys gegee van wat mens kan doen met ‘n meesters in polwet. daar’s klomp stuff. ek kan my pa impress met dit alles – solank ek nie vir die staat wil gaan werk nie, hiehie – en dan kan ek hopelik later besluit. en die kursus lyk actually lekker.

en toe, vandag, my date met die loopbaanvoorligter. sy naam is marquard. vroee dertigs. daar was, soos altyd by hierdie soort van plekke, ‘n paar awkward oomblikke aan die begin waar hy hiper-hartlik is en ek worry of hy besig is om my te analiseer. en toe, vir die res van die halfuur of wat, is hy hiper-hartlik en ek begin stadig vir seker relax want ek kom agter dit was nie fake nie; hy’s regtig net hiper-hartlik.

in louis brittz se jubeljaar song sing hy “daar’s hoop, hope hoop; ons kan maar droom”. ek het altyd gedink dis cool woorde. maar ek het nooit gedink ek sal my reg om te droom opgee en nie eens agterkom nie. terwyl het na marquard luister, het ek besef: ek het so begin stres oor wat ek eendag gaan doen met hierdie random ba-graadjie agter my naam, en wat ek presies, volle job description, budget reeds opgestel, all my ducks in a row, beplan om met my lewe te doen… dat ek vergeet het om te droom.

marquard was soos, hmmm jy’t ‘n paar baie interessante idees vir jou toekoms, en ek kan sien daar’s sommer ‘n vuur in jou hart as jy praat oor politiek of gemeenskapsinteraksie. (and i’m thinking… hey wait, fire in my heart… that’s the kind of words i used to use.) en moenie te bekommerd wees dat jy nog nie weet hoe jy die twee bymekaar gaan uitbring nie… daar’s hope moontlikhede! die meeste mense verander gemiddeld 5 keer in hulle lewe van beroep. (and i’m thinking… i used to know that; when did i forget?) en as jy in elk geval gaan groei in jou loopbaan, en switch langs die pad, dan is die belangrikste ding nou om daardie vlammetjie van passie wat jy vir my gewys het, te voed. (and i’m thinking… God. i needed to hear that.) die belangrikste, se marquard, is om te besluit waar jy hierdie loopbaan-reis wil begin. dis al wat jy nou hoef te besluit.

ek het traantjies teruggeveg. isn’t it remarkable how we often cope, cope, cope… and then just break down when the pressure is finally off and the relief floods you? it’s like you only realise how trapped you had really become once you are finally set free.

kan ek maar droom? hoe nou weer? wie was ek, twee drie jaar gelede? ek onthou iemand wie se gunsteling kleur rooi was en wat die potensiaal in elke nuwe acquaintance kon ontdek en vier, tot die persoon se verwondering. ek soek die pad terug na al daardie potensiaal en hoop. terug na daai lewe-lewe.

so dis my ervaring. ek het dit nie met my vriendinne geshare nie; ek wou dit eers kom skryf sodat ek die rou-heid kan behou. hierdie ding het my regtig diep geraak vandag. “bittersweet and strange, finding you can change, learning you were wrong…”

sussies

Hierdie hele WordPress blog het begin by my behoefte om idees uit te ruil met my sussies. Ongelukkig het ek nie baie reaksie gekry nie, en ek het ook nie regtig weer my gewaarwordinge hier geskryf nie al het ek baie baie geleer die afgelope ses maande.

Op die oomblik (15 September) is ek… moeg gedink oor vrouwees. Maar hopelik sal die lig weer helder brand, binnekort.

Hieronder is die debut blog van 2007. Chat weer as ek beter voel.

Toe ek jonger was (so tot min of meer gister) het ek gedink vrouedae, vroueverenigings, vrouetydskrifte en ander stuff met blommetjies en tee en control-freak-tannies in Woollies-klere is … ugh. Like, gaan weg. Ek verlang na my plakkies en my Alanis CDs.

En weet jy, ek dink nog dieselfde oor baie van hierdie goed. (Iris van Reenen bekeer my stadig vir seker tot Woollies… maar sover maak sy net vordering ten opsigte van hulle kos. Nie hulle klere nie.) Maar ek het iets besef wat my respek vir hierdie tannie-goeters ‘n bietjie herstel het, en dit is dat ek regtig nodig het om by ander vroue te leer wat dit beteken. Ek wil die Here regtig eer met hierdie lewe. En ek het al die wysheid nodig wat ek kan kry.

Nie al die commercial goed is noodwendig raadsaam nie – die Rooi Rose was byvoorbeeld nog nooit ‘n vriendin vir hierdie vrou nie. Maar soms kom ek in aanraking met vroue van God, van allerhande ouderdomme, wat my inspireer… en ek wil graag dit wat ek by hulle leer, en sommer dit wat in my eie kop aangaan, hier post.

GROOT asseblief, lewer kommentaar. Ek’s ‘n dogter van die Koning… en ek wil graag gedagtes uitruil met my sussies.